Share This Post

Wees gereed met My Klaskamer – Juffer se winkel

Wees gereed met My Klaskamer – Juffer se winkel

Dis die begin van ‘n nuwe skooljaar en daar is gewoonlik verskeie dae om tydens die skooljaar te vier. Indien jy ‘n veeltalige klaskamer het, kan jy ‘n drietalige een probeer (Engels, Afrikaans, isiXhosa).

maande1-300x300Kleurvolle dagprogramtydsgleufflitskaarte kan gebruik word om aspekte soos buitespel, peuseltyd, besprekingskring, ens. aan te dui, maar sluit ook naam- en rakkaartjies in 11 temas in.

15825835_1245607238819219_7806075403931762564_nKleurvolle klanke muurkaarte (ideaal vir die Grondslagfase-klaskamer) in Afrikaans en Engels, is as ‘n pakket beskikbaar.  Indien jy dit as skrif- of kleikaarte verkies, is daar kleurvolle kaarte in beide tale beskikbaar.  Soortgelyke prente (bv. a is vir appel) is in ‘n meer gevorderde Klankhersieningsboekie (vir die enkelklanke  én klinkerkombinasies) beskikbaar – in Engels en Afrikaans onderskeidelik.

Meer ontwikkelings- en hersieningstake is in die Dubbel-, Twee- en Drieklanke of Vowel Blends pakkette beskikbaar.

15351924_1103177003133156_500243473849384960_n

Die Enorme Klanke Mengelmoeskardoes dek die enkel-, dubbel-, twee- en drieklankgidse, asook kleurvolle geïllustreerde flitskaarte – ‘n bietjie meer as 400 bladsye in totaal.

15276405_1448305491864178_3853949913628934144_n

My Klaskamer het ook woordelyste (woordeboeke vir beginners), sigwoordflitskaarte en oggendbundels vir Engelse én Afrikaanse leerders. 

15085241_1237409419667382_7595123967568904192_n

Wil julle graag op die visuele persepsies fokus?  Loer gerus na die twee gidse in een pakket.  Merk jy b/d-verwarrings?  Loer gerus na hierdie werksvelle.

14546840_1198774170166462_1639114435328999424_n

Vir skrifvelle, kan jy na die drukskrifvelle en lopende skrif velle loer.  Die lopende skrif velle sluit ook muurkaarte (‘n letter per bladsy) in of fokus op natrekwerk.

14546858_1225766094155365_6833159866899496960_n

Beginners, kan aanvanklik na syfers en hoeveelhede loer (bv. prente en getalname) en ‘n getalnaamgidsie gebruik in hul werk.  Loer ook na konsepte soos “meer en minder”, “voor en na”, “halvering en verdubbeling”, “ewe en onewe getalle”, geld, tyd (en tydwerksvelle),woordsomme, maaltafels (en veelvoude), maal- en deelsomme en breuke.  Die meeste van hierdie dokumente is onderskeidelik in Engels en Afrikaans verkrygbaar.

14546919_1506961872652736_2658601407812206592_nKom loer gerus by My Klaskamer vir ‘n verskeidenheid van ongeveer 160 produkte in.

cover image.png

Share This Post

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.